Hello daar!!
Ek Genevieve Cillie bak 'n bietjie iets anders vir jou!
Die laaste 10 jaar of so het ek baie dinge in die kombuis uitgefigre in terme van soet goeters..
Ek het nog altyd van iets anders gehou.. Die soort goed wat nie normaalweg beskikbaar is nie.. of die "nice" goed.. dis nou maar net wie ek is.. ek like lekker goed! En ek try altyd iets anders! Want die ander goed is altyd beskikbaar.
So dit is hoekom ek "bietjie iets anders" begin het..
Hoeveel keer het jy al gesê jy is lus vir iets anders..??? Ja exactly!!
So hier is dit nou.. kom ons los bietjie die gewone goed op die rak en kry vir jou bietjie iets anders!
Ek bak baie soet goeters, maar my main focus is Biscotti en Roomys.
Wat is biscotti?
Dit is 'n soort Italiaanse beskuitjie wat tradisioneel twee keer gebak word om 'n crunchy, chewie, droë en soet lekkerny te produseer. Basically 'n beskuit soos ons Suid- Afrikaners dit ken, net lekkerder!
Hulle is perfek vir "dunking", wat hulle sag maak en hul geure na vore bring. Biscotti is 'n heerlike en veelsydige beskuitjie wat enige tyd van die dag geniet kan word!
Ek wil hê jy moet dit proe en vir jouself sê "ja, dit is nou iets anders" dan weet ek dat ek "succeed" het. Ek wil hê jy moet iets lekkers vir 'n change geniet..
Ek glo daarin dat goeie gehalte produkte 'n verskil maak en daarom gebruik ek net die beste wat beskikbaar is! Niks fake goed nie!
Ek hoop jy sal hou van 'n bietjie iets anders!
Hello there!!
I'm Genevieve Cillie and I am baking a little something else for you!
Over the last 10 years or so, I’ve figured out a lot in the kitchen when it comes to sweet treats.
I've always loved something different—the kind of goodies that aren’t usually available, or the “nice” things—it's just who I am. I like delicious things! And I always try something different! Because the usual stuff is always available.
That’s why I started “bietjie iets anders.”
How many times have you said you’re in the mood for something different? Yes, exactly!!
So here it is... let’s leave the ordinary stuff on the shelf and get little something different!
I bake a lot of sweet treats, but my main focus is biscotti and ice cream.
What is biscotti?
It’s a type of Italian rusk that is traditionally baked twice to create a crunchy, chewy, dry, and sweet treat. Basically, it’s a rusk like we know it in South Africa, just better!
They are perfect for dunking, which makes them soft and brings out their flavors. Biscotti is a delicious and versatile rusk that can be enjoyed any time of day!
I want you to taste it and say to yourself, “yes, this is something different,” then I know I’ve succeeded. I want you to enjoy something tasty for a change.
I believe that good quality products make a difference, and that’s why I only use the best available! Nothing fake!
I hope you’ll enjoy a little something different!